By Haar Hartklop glo ons dat God ons nie geskep het om die geloofsreis alleen te stap nie. Daarom is die Susterskap meer as net 'n lidmaatskap - dit is 'n gemeenskap van vroue wat kies om saam nader aan Jesus te groei, mekaar te bemoedig en as sussies in Christus langs mekaar te stap.
Gaan na susterskapDie Susterskap
Wanneer jy deel word van die Susterskap, word jy deel van 'n veilige ruimte waar jy kan behoort, geestelik kan groei en egte vriendskappe kan bou. Ons verlang daarna dat elke vrou sal weet sy is gesien, geliefd en nooit alleen nie.
Weeklikse nuusbriewe
Ontvang gereelde bemoediging, inspirasie, getuienisse en die nuutste Haar Hartklop nuus per e-pos.
Bybelstudies
Word eerste in kennis gestel van nuwe aanlyn Bybelstudies.
Uitreike
Word uitgenooi om saam ons Jesus se hande en voete wees. Deur verskillende uitreike kry ons die geleentheid om ander met Sy liefde, hoop en deernis te dien.
Samekomste
Word eerste in kennis gestel bymekaar kom geleenthede.
Meet & Greets
Word uitgenooi na geleenthede om ander vroue te ontmoet, nuwe vriendskappe te bou en 'n ontspanne tyd van kuier, lag en egte gemeenskap te geniet.
By Haar Hartklop is ons droom dat vreemdelinge sussies word, dat vriendinne mekaar nader aan Jesus bring en dat elke vrou die moed sal vind om die lewe te leef waarvoor God haar geskep het.
Daar is 'n plek vir jou. Kom stap saam met ons.

Woord van die stigter
Ek glo met my hele hart dat God ons nooit geskep het om hierdie geloofsreis alleen te stap nie. Ons almal verlang na 'n plek waar ons behoort - waar ons gesien, geken en liefgehê word, net soos ons is.
Dit is die hart agter Haar Hartklop.
God het hierdie bediening op my hart gelê met een eenvoudige begeerte: om 'n sussie, vriendin en bemoediger vir ander vroue te wees. 'n Plek waar ons saam kan lag, saam kan huil, saam kan bid, saam kan groei en mekaar altyd weer terugwys na Jesus.
My gebed is dat jy deur elke Bybelstudie, elke gesprek, elke geleentheid en elke woord van bemoediging God se liefde op 'n dieper manier sal leer ken. Dat jy sal ontdek dat jou identiteit nie bepaal word deur jou verlede, jou foute of die wêreld se verwagtinge nie, maar deur die waarheid van Wie God sê jy is.
Jy is doelbewus geskep. Jy is onvoorwaardelik geliefd. Jy is geroep vir 'n doel wat groter is as jouself.
Ek hoop dat Haar Hartklop vir jou 'n tuiste sal wees - 'n gemeenskap waar jy veilig kan groei, eerlik kan wees en met vrymoedigheid kan leef soos die vrou wat God jou geskep het om te wees.
Dankie dat jy deel is van hierdie reis. Ek sien uit daarna om saam met jou God se Woord te ontdek, mekaar aan te moedig en te sien hoe Hy ons harte verander om al hoe meer soos Jesus te word.
Welkom by Haar Hartklop.
Met liefde,
Rachelle Fourie
Stigter van Haar Hartklop
Ons Visie
By Haar Hartklop droom ons daarvan om 'n gemeenskap van meisies en vroue te bou wat nie net saam in Christus groei nie, maar ook sussies, vriendinne en reisgenote op die geloofspad word. Ons verlang daarna dat elke vrou sal ontdek wie sy in Christus is; dat sy diep gewortel sal wees in God se Woord en met vrymoedigheid die lewe sal leef waarvoor Hy haar geskep het. Ons visie is om 'n plek te skep waar daar altyd ruimte is vir eerlike gesprekke, opregte vriendskappe, geestelike groei en bemoediging - 'n plek waar niemand alleen hoef te stap nie. Ons glo dat wanneer vroue saam Jesus volg, mekaar ondersteun en Sy liefde uitleef, verander nie net hulle eie harte nie, maar ook die harte van die mense rondom hulle. Hart vir hart droom ons daarvan om 'n generasie vroue te sien wat Jesus met hulle hele hart liefhet en Sy lig laat skyn waar Hy hulle ook al stuur.
Ons Missie
By Haar Hartklop is ons missie om 'n veilige, Christus-gesentreerde ruimte te skep waar meisies en vroue kan behoort, eerlike vriendskappe kan bou en as sussies in Christus saam kan groei. Ons begeerte is om jou deur God se Woord, gebed, dissipelskap en bemoediging te help om jou identiteit in Christus te ontdek en met vrymoedigheid die vrou te word wat Hy jou geskep het om te wees. Ons wil jou inspireer om Jesus nie net te ken nie, maar Hom elke dag met jou hele hart te volg. Ons bid dat jy Sy liefde sal uit leef en 'n lig sal wees in jou huis, skool, werkplek en gemeenskap, omdat ons glo dat wanneer vroue se harte deur Jesus verander word, verander gesinne, gemeenskappe en toekomstige generasies ook.
Getuienisse
“Absoluut ongelooflik. Van die boodskap wat gedeel is tot die gemeenskap en vriendskappe wat gemaak is — dit was 'n baie spesiale ervaring.”
Mariette
Bybelstudie Deelnemer

