Ontmoet die span

Die harte agter Haar Hartklop

Rachelle Rousseau

Rachelle Rousseau

Rachelle Rousseau is 'n skrywer, spreker en die stigter van Haar Hartklop. Haar grootste passie is om vroue van alle ouderdomme na Jesus te lei en hulle te help om hulle identiteit, doel en hoop in Hom te ontdek.

Fun Facts

  • Ek droom al van kleins af daarvan om my eie ontbytgraan of pap op die winkelrakke te sien!
  • Ek is mal oor Formula 1... en ja, ek huil regtig as my gunsteling bestuurder nie wen nie!
  • Gee vir my 'n groot bak roomys, en ek sal dit met graagte op my eie klaarmaak.
  • My gunsteling gesprekke is dié wat om 'n koppie koffie en God se Woord begin.
Lizandri Horn

Lizandri Horn

Lizandri is die hulpskrywer en medestigter van Haar Hartklop. Haar grootste hartsbegeerte is om vroue saam met haar op reis te neem om God raak te sien. Deur eerlike stories, avonture en doelbewuste bederf nooi sy elkeen om Jesus as 'n Beste Vriend te leer ken: 'n God wat met liefde, genade, vreugde en selfs humor, oor elkeen jubel wat Hy geskep het.

Fun Facts

  • Ek is een van daardie lawwe mense wat vir ontspanning vêr afstande stap, berge uitklim, gedroogte kos eet - en dit dan vakansie noem.
  • Buiten vir Jesus, is koffie my lewe.
  • As jy my wil bederf: Nooi my vir pizza, diep gesprekke en 'n nuwe worship playlist.
  • My droom is om eendag 'n bordspeletjie te ontwerp wat ander help verstaan hoekom ek Bybelstudie en die fliek National Treasure in een sin noem. Dit is vir my dieselfde tipe avontuur!